Huis Hebron
Huis vir HawelosesWaar God die eensames laat woon in ‘n huisgesin Ps. 68:7
Huis Hebron is in 2001 deur Gretha le Roux op die Le Roux familieplaas gebou. God het met Gretha gepraat om ‘n skuiling te bou, maar vir ‘n hele maand het sy met God geredeneer dat sy dit nie kon doen nie vanweë haar siek man waarvoor sy moes sorg, asook omdat sy nie die finansies gehad het om dit aan te pak nie. God het haar beveel om op Hom te vertrou, en sy het Hom gehoorsaam en begin bou aan Hebron.
Die naam Hebron beteken: Plek van verbond, plek van verbinding en ontmoetingsplek met God. Hebron is ‘n Christelike, geregistreerde nie-winsgewende maatskappy wat geen staatstoelaes ontvang nie en volledig afhanklik is van donasies van skenkers.
Huis Hebron skep ’n omgewing waarin kwesbare en hulpelose begunstigdes positief bemagtig en opgebou kan word deur verskeie van ons inisiatiewe. Mense uit alle lewensrigtings vind hul pad na Hebron. Ons sorg vir die armes, die liggaamlik en geestelik gestremdes, asook vir haweloses. Ons bereik hierdie doelwitte deur verskeie programme aan te bied, insluitend voedselvoorsiening, klereverskaffing, vaardigheidsontwikkeling, bly-en-betaal-geleenthede, geestelike leiding, berading en emosionele ondersteuning.
Ons glo in God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Elke Sondag hou ons erediens in ons kerk en ons begin elke oggend met oordenking voor die dagtake aanvang neem. Op Dinsdae- en Donderdae-middage het ons Bybelstudie. Ons inwonende pastoor verskaf daaglikse berading aan ons inwoners.
Ons bied ook geestelike versterking met die doel om hul gevoel van waardigheid te herstel. Sodat wanneer hulle Hebron verlaat, hulle weer as volwaardige mense in die gemeenskap hervestig kan word.
Visie
Om Christelike norme en ’n waardestelsel te bied om die beste dienslewering aan behoeftige begunstigdes te verseker. Dit is die belangrikste aspek van Huis Hebron. Daarom is ons intens betrokke by die opheffing van behoeftes en belange in ons gemeenskap. Die behoeftes is soms oorweldigend groot, maar ons glo dat ons ’n positiewe verskil in mense se lewens kan maak deur hongerte, armoede en verwerping teen te staan en te verlig.
Missie
Huis Hebron skep ’n liefdevolle omgewing en ’n tuiste vir mense wat deur die samelewing verstoot word. Ons bevorder positiewe opheffing en bemagtiging deur verskeie inisiatiewe, en bestuur projekte wat voedsel, klere, vaardigheidsontwikkeling, werksgeleenthede, rehabilitasiedienste en behuising aan ons begunstigdes bied.
Ons gee hoop deur toegang tot sielkundige en geestelike leiding en berading te verskaf vir emosionele opheffing, asook opleiding in lewensvaardighede. Verder moedig ons vaardigheidsontwikkeling en opleiding op die werkplek aan om hulpeloses en kwesbares te bemagtig sodat hulle weer kan ervaar dat hulle waardevolle en betekenisvolle lede van die samelewing is.
Ons Passie

Ons Doelwitte
Huis Hebron bevorder ekonomiese ontwikkeling en help met die herintegrasie van haweloses deur opleiding en vaardigheidsontwikkeling. Ons versorg bejaardes en persone met gestremdhede, ondersteun verslaafdes ná rehabilitasie en werk saam met Korrektiewe Dienste om paroolgangers ’n nuwe begin te gee.
Deur geestelike en emosionele opheffing, voedselverspreiding, landbou-ondersteuning en ’n volhoubare uittree-strategie, skep ons hoop en bemagtig ons mense om weer waardevolle lede van die samelewing te wees.